Hannelie Cronje

Ek het vir 24 jaar vir Media 24 gewerk. Dit is waar my belangstelling in feeste, soos die KKNK, die Woordfees en Aardklop, gevoed is. Sowat tien jaar gelede het ek by die Bieliemieliefees aangesluit en is vir die afgelope vyf jaar die voorsitter van hierdie komitee. Ons sien baie daarna uit om julle by ons fees te ontmoet en ons verwelkom nuwe borge wat ook aan boord wil kom met ope arms. Feesgroete. 

...
Mené van de Venter

Ek is sedert 2019 op die feeskomitee, en is sedert 2022 saam met Noreen verantwoordelik vir die uitstallers.

...
Noreen Hancocks

Ek is sedert 2015 die sekretaresse op die Bieliemieliefees komitee en is ook verantwoordelik vir onder andere algemene navrae, uitstallers en kampeerders. Die Bieliemielie is soos my tweede familie. Ons sien elke jaar uit daarna om die fees nóg lekkerder te maak!

...
Ryno Steyn

Ek is sedert 2017 op die Bieliemieliefee komitee en is verantwoordelik vir die fees se bemarking.

Ishan van Blerk

Ek is die Bieliemieliefees se grafiese ontwerper. Ek help ook met fotografie en enige ander take wat deurlopend verrig moet word.

...
Jolene van Niekerk

“Jolene” roep hulle my. Ek is nou al vir vyf jaar op die Bieliemieliefees komitee en is verantwoordelik vir die Bulletjie Rugby en Mini Netbal namens Hoërskool Reitz.

...
Garry Francis

Ek hanteer saam met Eduan die vee-afdeling en is sedert 2019 op die Bieliemieliefees komitee.

...
Kallie Kriel

Ek is Pastoor Kallie. Ek is sedert 2016 jaar op die Bieliemieliefees komitee en is verantwoordelik vir die kerke se kosstalletjies.

...
Lezane Pienaar

2022 was my eerste Bieliemieliefees en dit was 'n belewenis. Ek is saam met Tommy verantwoordelik vir die veiligheid van al die feesgangers.

Salome Davel

Ek is sedert 2020 op die Bieliemieliefees komitee. My verantwoordelikheid is om te sorg dat die kunstenaars en ander diensverskaffers betaal word en dat die finansies klop.

...
Tommy Pienaar

Ek hanteer die sekuriteit van die Bieliemieliefees sedert 2013. Ek en my besigheid, Bacu verantwoordelik vir die veiligheid van al die feesgangers sowel as die algehele veiligheid van die feesterrein.

...
Drizette Putter

Ek is vanaf die jaar op die fees kommitee en is verantwoordelik vir die buitemuurse-aktiwiteite en ook aktiwiteite gedurende die fees.