Die Bieliemieliefees se organiseerders kan nou nie meer wag vir Februarie 2022 nie! Nadat die koronavirus ons van 2021 se fees ontneem het, is alles nou feitlik gereed dat besoekers maar by die feesterrein kan opdaag met hulle feesskoene aan – gereed om alles te geniet wat ons vir hulle wil aanbied.

Die uitstallers se vee is vet gevoer en gereed vir die skou; die pryse vir die verskillende kompetisies waaraan skougangers kan deelneem staan gereed en die gaskunstenaars kan nie wag om weer voor lewende gehore op te tree nie!

Daar is weer eens vir alle ouderdom feesgangers voorsiening gemaak. Die kleingoed word in die pretpark vermaak terwyl die voornemende en jong boere en pa’s die uitstallings van die implemente kan besoek en die vrougeslag die stalletjies kan besoek of by die Vroue-saal kan aandoen vir ‘n voet-, hand- of nekmassering.

Daar is egter soos te wagte soveel meer op die program vir die drie dae van feestelikheid.

Daar is weer lekker pryse te wen vir die een wat die bul se gewig reg kan skat, vir die persoon wat ‘n skaap die vinnigste kan skeer, vir die vermaaklikste optrede by Bieliemielie’s Got Talent,  die persoon wat die speenvark kan vang en hope ander kompetisies. En moenie vergeet van die Boeresport en Skattejag nie! Hierdie items lok elke jaar groot belangstelling en sorg vir baie pret.

Wanneer die kleinspan moeg gespeel is in die pretpark, kan hulle hul gesigte laat verf en hulle kry ook die kans om vir Dienkie en Doedels te ontmoet.

Saans is dit konserttyd en kunstenaars soos onder andere Drie van die Bestes, Jan Jan Jan, Christia Visser, Appel, Riana Nel, Riaan Benade, Early B,Ivan Roux, Bernce West en Sunset Sweatshop gaan feesgangers vermaak.

Hierdie is mielie-, soja en sonneblomwêreld en die boeregemeenskap is so gasvry soos hulle kom. Van Donderdag 24 tot Sondag 27 Februarie 2022 gaan die feesterrein vermaak vir jonk en oud verskaf om te wys hoe die Vrystaters kán kuier.

Die Bieliemiefees is die Vrystaat se vierde grootste fees en lok jaarliks so by die 17 000 mense.

Vir die 42ste fees kan besoekers verwag om uitstallings van die nuutste landbou-implemente, die mooiste skape by die SA Vleismerino-skou, boere se heel beste vee by die kuddekompetisie, die ramveiling en die bees-uitstalling te sien, en ook sommer toekyk hoe bedrewe skaapskeerders teen mekaar meeding in die spoedskeerkompetisie voordat die sterk manne kyk wie die swaarste vrag wol kan dra.

Streepsakke, eiers, bokmis, mieliepitte, trekkerbande en wie weet wat nog alles sal beskikbaar wees vir diegene wat aan die boeresport-item saam met sepiesterre van Binnelanders en Getroud met rugby wil deelneem.

Die jongste besoekers word in die kinder-speelterrein besig gehou en kan vir Buster en Bella ontmoet terwyl Ma en Pa die feesterrein verken.

Sportgeesdriftiges kan Saterdag, 26 Februarie 2022, deelneem aan die Bieliemielie-marathon wat ’n kwalifiseerder vir die Comrades- én die Two Oceans-marathons is. Atlete wat voorheen aan hierdie item deelgeneem het, weet dat of jy nou die 5 km- of 10 km-pretdraf, die halfmarathon of die marathon hardloop, dit ’n lieflike roete bied.

Dan is daar ook ’n krieketwedstyd, bergfiets, skiet, gholf- en visvang-kompetisie waar groot pryse gewen kan word, en die Bulletjie-rugby- en mini-netbal-wedstryde lok elke jaar groot belangstelling.

Soos hulle sê, die helfte is jou nog nie vertel nie.

Kaartjies

Kinders onder 12jaar Volwassenes
24 Februarie 2022 R80.00 R100.00
25 Februarie 2022 R80.00 R150.00
26 Februarie 2022 R80.00 R150.00
27 Februarie 2022 Gratis Gratis
Naweekkaartjie              R180.00 R300.00