Hannelie Cronje

Ek het vir 24 jaar vir Media 24 gewerk. Dit is waar my belangstelling in feeste, soos die KKNK, die Woordfees en Aardklop, gevoed is. Sowat vyf jaar gelede het ek by die Bieliemieliefees aangesluit en is vir die afgelope vier jaar die voorsitter van hierdie komitee. Ons sien baie daarna uit om julle by ons fees te ontmoet en ons verwelkom nuwe borge wat ook aan boord wil kom met ope arms. Feesgroete. 

...
Mené van de Venter
Ek is sedert 2019 op die feeskomitee. Gedurende my eerste twee jaar was ek verantwoordelik vir die buitemuurse-aktiwiteite. Ek is sedert 2022 saam met Noreen verantwoordelik vir die uitstallers.
...
Noreen Hancocks
Ek is sedert 2015 die sekretaresse op die Bieliemieliefees komitee en is ook verantwoordelik vir onder andere algemene navrae, uitstallers en kampeerders. Die Bieliemielie is soos my tweede familie. Ons sien elke jaar uit daarna om die fees nóg lekkerder te maak!
...
Ryno Steyn
Ek is sedert 2017 op die Bieliemieliefee komitee en is verantwoordelik vir die fees se bemarking.
CW Craven
Ek is sedert 2021 op die Bieliemieliefees komitee. Ek is 'n elektrisiën en is verantwoordelik dat die ligte aanbly.
...
Annalea van Niekerk
Ek is sedert 2020 op die Bieliemieliefees komitee en is verantwoordelik vir die vee-afdeling en alles wat daarmee gepaard gaan. Landbou is my passie en ek is self ‘n bees boer in die pragtige Oos Vrystaat.
Ishan van Blerk
Ek is die Bieliemieliefees se grafiese ontwerper. Ek help ook met fotografie en enige ander take wat deurlopend verrig moet word.
...
Jolene van Niekerk
“Jolene” roep hulle my. Ek is nou al vir vyf jaar op die Bieliemieliefees komitee en is verantwoordelik vir die Bulletjie Rugby en Mini Netbal namens Hoërskool Reitz.
Carla Davids
Ek is Carla, 2022 was my eerste jaar op die Bieliemieliefees komitee.Ek is verantwoordelik vir die buitemuurs aktiwiteite en kunstenaars tent. Ons doelwit is om ‘n heerlike fees vir al sy gangers te bied. Ons sien uit daarna om julle elke jaar in Reitz te verwelkom!
...
Garry Francis
Ek hanteer saam met Annalea die vee-afdeling en is sedert 2019 op die Bieliemieliefees komitee.
...
Kallie Kriel
Ek is Pastoor Kallie. Ek is sedert 2016 jaar op die Bieliemieliefees komitee en is verantwoordelik vir die kerke se kosstalletjies en die fees se Sondag dankdiens.
...
Lezane Steyn
2022 was my eerste Bieliemieliefees en dit was 'n belewenis. Ek is saam met Tommy verantwoordelik vir die veiligheid van al die feesgangers. 
Salome Davel
Ek is sedert 2020 op die Bieliemieliefees komitee. My verantwoordelikheid is om te sorg dat die kunstenaars en ander diensverskaffers betaal word en dat die finansies klop.
...
Suraine de Beer
Ek is verantwoordelik vir onder andere die koordinering van die Arena-area, kleedkamers sowel as aktiwiteite soos boeresport. Ek is vir die afgelope vyf jaar op die komitee.
...
Tommy Pienaar
Ek hanteer die sekuriteit van die Bieliemieliefees sedert 2013. Ek en my besigheid, Bassopa is verantwoordelik vir die veiligheid van al die feesgangers sowel as die algehele veiligheid van die feesterrein.